Weer swanger!

Briewe vir jou, my baba LARA

July 1st 2013     15 weke

Jy is nou 15 weke hier tussen ons. Ons kon al op twee geleenthede jou hartjie hoor klop en dit maak my hart baie bly. Ek het vir ‘n oomblik te veel geworry oor jou. Na Nelson se kom en gaan was dit baie gerusstellend om jou hartjie te hoor. Ek het vir ons ‘n wonderlike vroedvrou, Andrea Meyer, gekry wat so mooi na ons kyk en ek sien so uit na hierdie pad wat ek saam met jou stap. Toe ek emosioneel geraak het oor ons nog nie jou hartjie hoor klop het nie, het Andrea my kalm gemaak en saam met my ‘n traan gepik toe ons jou uiteindelik gehoor het. Dit was so ‘n stunning oomblik, en ons het jou pa op speaker foon gekry dat hy ook kan hoor. CQ was opgewonde en so cute en ek weet as jy haar hoor dan shift jy jouself om haar beter te hoor. “Hello Baba”, “Love jou Baba”, is wat sy graag na my naaltjie se kant toe fluister.

Ons sien almal uit na jou hierwees, en ek geniet elke dag wat jy so naby aan my hart groei en elke aand se droom saam met jou.

Met liefde en my hele hart

Mamma

July 10th 2013        17 weke

Oe jou sussie is al hoe meer bewus van jou teenwoordigheid. Dit speel op soveel verskillende maniere uit. Op die oomblik wil sy net bevestig dat sy my baba is en al cuddle sy nog graag met jou, bekyk sy haar pa streng aan wanneer hy met jou chat. Ek dink julle gaan baie pret he saam en ek sien uit na die dinamieka wat gaan uitspeel.

My maag groei en my lyf begin jou al hoe meer wys. Ek het jou die laaste twee dae nou regtig begin voel, elke dag as ek rustig sit saam met jou voel ek jou wesentjie beweeg binne my, en my hart raak rustig en bly elke keer.

Ek is aan die gewoond raak aan my lyf en al die verandering, maar ons sien uit na jou en geniet jou hier wees. Ek is bewus van water en hoe rustig ek raak by die see. Ek droom gereeld van water en swem en diere en SA is prominent in elke droom.

Ek mis my land en hoop jy sal ook so groot liefde vir Afrika beleef soos ek. Jy is daar gemaak my lief, met die volmaan se krag en nabyheid kon jy jou pad duidelik sien.

Ons vind uit oor so paar weke of jy seuntjie of dogtertjie is. Ek is oortuig dat jy seun is, maar wie weet ek is net so bereid om verkeerd te wees. 50/50 nie waar nie:)

Nou ja ek probeer al weer jou sussie kalmeer vir nap tyd, dis maar ‘n storie, mens sou dink sy paas uit na die lekker swem vanoggend.

Lief vir jou baba!

mamma

Aug 2nd 2013    20 weke

P1150363

Ons vier jou pa se 20ste hoerskool reunion, en almal en hulle kinders kom saam kuier by die Pond huis. Dis groot speel en baljaar en jou sussie kuier ‘n hond uit ‘n bos uit. Jy is nou baie teenwoordig en my maag wys jou hier wees met oorgawe. Ek dink jy kan al hoe meer hoor en reageer op jou sussie se gesingery en jou pa se hellos. Ek kuier lekker maar is meer opgewonde oor ek amper ‘n ultra sound gaan he waar ek jou vir die eerste keer sal kan sien en uit vind of ons gevoel oor jou geslag reg is. Ek is oortuig dat jy ‘n seuntjie is, maar my kop kan lekker hard praat en my ware gevoel minder obvious maak, so ons sal maar sien.

P1150307

Aug 9de 2013    21 weke

My baby sono_5Jy’s ‘n dogtertjie! Ek is voel snaaks genoeg verlig. Ek dink dis wanneer die spesifieke inligting waar en seker is en omdat ek nou weet sonder enige wonder. Ek is so bly en opgewonde. Ek was oortuig dat jy ‘n seuntjie is, maar ek is so bly ek was verkeerd. Die idee dat jy en CQ vir altyd vriende en sisters sal wees is ‘n wonderlike vooruitsig.

Ons weet nou jy groie mooi en als lyk goed. Dit was weer wonderlik om jou hartjie te hoor klop en te sien jy’t vyf tone en ‘n wip neusie.

Dankie vir jou hier wees. Nou moet ons naam kies, help asseblief.

Jou sussie is baie opgewonde en jou pa glimlag oor tot oor, se natuurlik dit was sy gevoel, hy wou net nie vir my teengaan nie:)

Ons sit by die park hier in North Park San Diego want CQ kan geen park miskyk nie. Ek wens stiiletjies ons was in SA waar ons lekker partytjie kan hou vir jou. Ek verlang na ons mense en die strate, bome, lug en weer. Biltong en brood. Nou ja jy het die planne vir terug gaan in aksie gesit. Intussen haal ons diep asem, geniet San Diego en elke oomblik en spaar ons sente. My baby sono_20

My girl, baba sissie, Baboes.

Liefde

mamma

Aug 16th 2013     22 weke

Kim kuier by ons, mamma se hart is vol vreugde en rustigheid. Wag tot jy haar ontmoet meisiekind. Sy is mamma se beste maatjie. Ons ken mekaar vir leeftye en so 12 jaar in die een. Ek is so geseend met die vriende in my lewe en my eie sissie is my ander beste maatjie.20130817_210916 Ek hoop jy en CQ beleef die selfde genot met julle sisterskap. Dis baie special.

Ek en Kimmy vat die naweek die pad vir so bietjie van ons eie bonding tyd. LA toe. Lui alles, lang lunches, piekniek op die beach, shopping en al wat ons jaag is kos en slaap.

20130817_182026Kimmy is so ‘n baken in my lewe. Sy sien my waarheid soms voor ek dit nog self herken. Sy beleef saam met my en ek saam met haar, en al wil dit voorkom of ons lewens meeste van die tyd aan twee heeltemal teenoorgestelde pole is is daar ongelooflike ooreenkomste in die siels ervaring van ons realiteit. Om ‘n witness vir jou siel se journey te vind is ‘n groot geskenk en verryk my lewe elke dag.

Eendag sal ons heerlike stories om die vuur deel engel. Ons sal julle leer van die Goddess in elke vrou. Ek kan nie wag om my liefde vir vrouwees met jou en jou sussie te deel nie.

Bly cozy en groei mooi.

Ek bly rustig en belowe om nou op te hou suiker eet vir ‘n ruk. Dit was vakansie vir 10 dae saam met jou Tannie Kim.

Lief vir jou20130817_174103

mamma

23 Augustus 2013          23 weke

Ons is alleen by die huis vir die naweek. Pappa het gaan jol saam met sy maatjies in LA, vir hulle “fantasy draft”. Jy sal wel leer dis een van jou pa se groot passies. Ons gaan konsert toe hier bo in die straat. Dis elke vrydag aand in die somer. ‘n Baie lekker kuier en piekniek. Ons maak maatjies en die tweeling oorkant die straat kom ook en bring vir ons hoender toebroodjies. IMG_5542En dan gaan dans ek en Charlotte tot ons omval van lag.

Ek is maar weer eers aan die gewoond raak na Kimmy huis toe is. Nou is die dae weer stil en ons is terug in ons roetine.

Jy is baie aktief en ek sien uit na ons kuier by Andrea volgende week.

Lief vir jou meisiekind.

Mamma

30 Augustus 2013       24 weke

Ek staan nou elke dag vir ‘n paar diep asems op my kop om seker te maak jy klim bietjie van my blaas af en dryf in die regte posisie in. Ek en jou pa moet elke keer net ons lag inhou want hy moet help en ek is swaar:) Dis verskriklik warm my lief en ek weet nie hoe voel jy daar binne nie, maar ek is nie baie ingenome met die tipe hitte nie. Dit hou aan dreig om te reen en dan niks, dit maak my mal. September is hier en ek verwag reen sommer net uit gewoonte uit. Almal in Suid Afrika bibber van die koue en ek wens ons was daar om saam om die vuur te sit en nonsens te praat.

Ons lyk in goeie kondisie volgens Andrea en ons kon almal jou hartjie hoor met die feto scope. Selfs CQ het dood stil met dit in haar ore gesit tot sy jou kon hoor. Andrea het haar gewys hoe om jou te voel en sy was baie profesioneel.

20130830_130048

Vandag het ons strand toe gevlug om ‘n briesie te soek en CQ het heerlik saam  met ‘n paar maatjies in die koel water gebaljaar, en mamma wou net al haar klere uittrek. Ons het lekker gekuier en bietjie afgekoel, en ons voete amper verbrand op die warm sand. Ek word rustig en voel altyd beter as ons eers bietjie by die see kom. Dis Labor day weekend, wat beteken daars baie wat braai en kuier. Ons soek weer die swem bad voor aand ete en is in geluk. Tannie Letitia se swembad is oop en ons gaan terstond in spring. Maar die hitte vang op met ons en CQ kry verkoue so ons naweek is minder opwindend as wat ons gehoop het.

Daar is die lank en die kort van ons dag en week my lief.

Ons werk aan naam kies vir jou en mag dalk ‘n wenner gekry het, maar net jy sal weet. Die res van die wereld sal jou naam hoor soos jy aankom.

Lief vir jou

mamma

18 Augustus 2013        27 weke

P1150801

Ons is nou in die derde trimester saam, maan-kind. Dis volmaan vanaand en die atmosfeer is sommer vol manevales, so voel dit vir my.

Ek slaap maar sleg en dan betaal die dae swaar daarvoor. Gister was darem beter en ek en CQ het ‘n goeie dag saam gehad. En toe het my favorite show New Girl my lekker laat lag voor ek gaan inkruip het en bietjie beter geslaap het tot amper 4am. Toe le ek wakker met ‘n kop vol snaakse gedagtes en ‘n geskommel van vrese. Jou koms en sommer net al die realiteite om ons laat my kop bietjie te vinnig tik en ek moet myself herinner hoe baie ek my lyf en vir jou kan vertrou en dat ek baie tools het om met die vrese en stories te cope.

Ek is weer herinner deur Dr C Northrup “dat ons kraam soos ons lewe” en Jeannine Parvati Baker se mooi “we give birth how we conceived”.

Ek onthou hoe jy gemaak is en daarom raak ek rustig wanneer ek dink aan jou koms. Ek hoop jy weet jy is welkom hoe jy ookal wil. Heimlik hoop ek dis in die water en dat ek jou self sal kan uithelp. Ek hoop jy voel al die joy wat ons omring al is party dae bietjie rof en ek baie ongemaklik en vol draadwerk. As ek jou voel rondrol en skop hier binne my is my hart bly en vol lekkerte en is jy welkom om so lank as wat jy wil te bly hier binne my. Wat ‘n voorreg.
Dankie tog vir jou pa se skedule en dat ek vanmiddag na CQ se swemklas bietjie geleentheid kry om met jou te connect en sommer net in-te-tune.

Ons is nou ‘n week terug van Seattle af. Drie aande net ek en jou pa, ye!!. CQ was by Grandma en het ‘n fantastiese tyd gehad. P1150654

Ek en jou pa het die stad van Seattle te voet ingevaar en jy het my gou na die eerste dag laat weet om dit so bietjie stadiger te vat. Gelukkig het ons ‘n jacuzzi by ons blyplek gehad. Dit was groot pret, maar ek kon ook voel die volgende fase is aan die kom en vir die eerste keer seker in my lewe het ek uitgesien na huis toe kom terwyl ek travel. Dis tyd vir nes skrop en rustig wees. Seattle is beautiful en ek kan nie wag om vir jou en CQ te gaan wys nie. Dis regtig nogal toweragtig en die bome is baie en baie oud en daar is ongelooflik baie water. P1150701

Ek is die week baie bewus van hoe baie ek en my blik van die lewe verander het sedert laas jaar. Ek weet jy is ‘n katalisator vir my as ma en mens, en ek vir jou en dat ons familie weer groot verandering sal ondergaan. Ek is baie bewus van jou engel maan-kind en hoop jy weet en voel hoe vol en ryk en amazing hierdie wereld en ons ervaring daarvan is. Ek hoop jy weet en voel geliefd en veilig en groei sonder vrees. Kom as jou eie mens en weet hier is plek en spasie en ‘n amazing avontuur wat wag. Vat jou tyd en kom wanneer jy reg is, jy hoef nie te jaag nie en jy hoef nie te huiwer nie.

Ek werk aan my kop stil maak, want daar is ‘n wereld se stories en informasie wat nie aan ons behoort nie en ek sif deur dit als op die oomblik, so moenie aan iets heg nie, nog nie. Dis ‘n proses. 🙂 Jy weet seker beter as ek op die oomblik wat die ware verhaal is. My lyf se taal en wete van wat waar is was nog altyd baie duideliker as my kop se persepsies.

Nou ja chill jy, ek sal ook, en dan vat ons dit so dag vir dag:)

Lief vir jou my maan-kind.

mamma

7 Oktober 2013        30 weke

P1150958Liefste Maankind,

Ons is nou omtrent 30 weke in die ding in. Jy is lekker besig as ek stil le of sit. Ek het die naweek jou bed gewas en in ons kamer begin plek maak. CQ se kamer kom ook mooi aan, nou dat Tannie Es haar prentjies van Blue-berry girl gebring het. Ag dis so lekker met hulle hier, ons huis is vol en rustig. Ons leer aanpas by kleintjies met ander nap roetines en leer ook van deel. Voorbereiding is aan die gebeur. Ons kuier ‘n hond uit ‘n bos uit saam met julle nefie Francois.

Ek is baie meer rustig, jy groei en ek bly aan die beweeg. Es gaan saam om vir Andrea te sien Woensdag, ek sien uit dat sy jou hartjie hoor en vir Andrea ontmoet. Ons beplan ‘n klomp lekker uitstappies vir die volgende twee weke, so hou vas en geniet saam met ons.

Ons kyk ook nou Liewe Heksie, waarmee mamma groot geword en ek en Essie kry lekker heimwee. En ons het nou ook vir Barney in Afrikaans, so ons werk hard om julle wereld te balanseer tussen Afrikaans en Engels.

Ok my darling ons gaan nou eers weer hardloop. P1150955

Lief vir jou

Mamma

22 Oktober 2013     32 Weke

DSCN4724Shoe liefste ons is moeg:) Dit was ‘n pret drie weke saam met jou nefie Francois en Tannie Es en Oom Stephan. Dis nou drie dae na hulle vertrek het en ons is maar nog aan die recover. Eintlik begin die besef van hoe moeg ons nou eers tref. Jy beweeg non-stop, selfs as ek aan die beweeg is voel ek jou skop en hik. En genade die groot honger het begin. Ek dink ek het dalk net vergeet, maar dis so uit die bloute dat ek die heeltyd honger voel.

So om die die laaste paar weke te op te som: Ons het heerlik by die huis met jou sussie en Francois gekuier en allerhande lekker nuwe speel plekke create. P1150864Essie het vir CQ haar blueberry-girl prentjies gebring, dis so wonderlik, en ons is geseend met so talentvolle Essie. Ons is pumpkin patch toe saam met ons klas en dit was groot opgewondenheid en daar was baie pampoene. DSCN4713Ons het Grandma Terrie se verjaarsdag gevier by die PondHouse. Ons was by die Oceanside pier en op die strand en in ons local Carlsbad village. Die volgende week is ons Del Mar en La Jolla toe vir sommer net ‘n lekker rustige piekniek en speel in die park. Die dieretuin was ons volgende uitstappie en ‘n hoogtepunt. Seaworld het ons ‘n hele dag besig gehou en was groot pret. En toe moet ons eers rus. Ons het almal vir amper ‘n hele dag net geslaap en baie min gedoen. Daar is so baie wat ek nog sou wou deel met jou Tannie Es, maar dae is kort met twee kinders op verskillende slaap skedules en met jou wat aktief groei moet ek maar rustig beweeg. Mens wil altyd se volgende keer, maar die realiteit is dat elke oomblik genoeg is. Hulle is nou almal terug in ons geliefde Suid Afrika en suffer maar deur jetlag terwyl ons maar aan verlange ly. Gelukkig kom Ouma een van die dae en is die volgende twee maande ‘n besige tyd.

Ek is besig om terug te settle in my aanvaarding vir wat is. Met die vooruitsig na die toekoms soos mens na ‘n verrassing uitsien. Ek is nou maar eenmaal nie die grootste beplanner nie en geniet oomblikke waar die onverwagte gebeur die meeste. Ek dink ma-wees het my vir ‘n oomblik laat dink ek moet als vooruit beplan en ek het vir ‘n ruk met te hoë verwagtinge vir hoe dit moet lyk en voel rond beweeg. Die besef dat ek anders dink en my wese anders reageer laat my nou weer vry voel om meer myself te wees, terwyl ek leer om die beste ma te wees wat ek kan wees. Om ma te wees is ‘n unieke ervaring my engel en die geleentheid wat jy en jou sussie vir my gee is verrykend en amazing,  ek sal die uitdaging nou met my ware wese aanvat sonder vooropgestelde idees en motiewe. Ek sien so uit om jou te ken en jou en CQ te beleef as maatjies. DSCN4618

Vir nou moet ek eers bietjie afsluit, en rus, mamma is baie moeg en slaap maar so uur vir uur tussen elke omdraai en melk aandra.

Lief vir jou

31 Oktober 2013             33 weke

IMG_0869

Happy Halloween! Ons vier al heel week fees, eers as eendjie, en toe prinses en toe weer eendjie, ons sal maar sien wat vanaand se keuse gaan wees. Dis natuurlik ‘n heel ander gewaarwording met CQ wat nou wil deel neem en nie meer skrik vir “trick or treat” nie. Ons eet al haar chocolats op en dis die lekker en die sleg, want dit kan vir weke hou.

Ek onthou my eerste regtige waardering het gekom toe ek Mexico toe is die 1ste Nov 2004. Mexico City was ‘gedress’ in al sy glorie vir die fees van die dood, “the day of the dead” noem hulle dit. Dis met soveel kleur en liefde gedoen en die eer wat dit aan voorgeslagte en die ervaring van die dood bring is merkwaardig. Ek was by Frida Carlo se huis in en was nogal oorweldig deur al die kleur en geur en teenwoordigheid van gees daar. Die hele naweek daar was amazing en die volmaan het net bygedra tot die volheid van die ervaring.

En nou, soos die seisoene uiteindelik verander, is ek so bly vir al die festivities, want in San Diego is dis maar “mild”. Met hierdie tyd van pampoene pluk en sop resepte uitruil en kostuums kies voel dit of almal die lewe so bietjie meer sien en beleef. Soos die seisoene kom en gaan raak ek altyd bewus van die lewe-en-dood-siklus, wat in soveel vorme om, en binne-in ons bestaan. En met jou wat kom my lieflike, maan-blueberry-water-kind, is ek weereens intens bewus van hoe baie dinge die heeltyd verander, en die konstante ervaring van ontvang en verlies. Soms raak ek deurmekaar met al die hormone en gedagtes en daaglikse doen en late, want in elke oomblik en jou konstante beweging vier ek die verandering, jou nabyheid en al die liefde om my en dan treur ek weer dit wat gaan verander en is ek bang vir als wat ek nie kan beplan of beheer nie. Die siklus is eindeloos en stadig-maar-seker soos die jare aanstap raak ek gewoond daaraan en meer bewus daarvan. “Becoming comfortable with the uncomfortable” I guess.

Ek hou aan droom. Dis amazing! Ons baljaar in die water my engel, in elke droom wat ek kan onthou is ons in een of ander vorm van water, nou die aand het ons vir lank saam met dolfyne en walvisse geswem, en gisteraand het ek ‘n lekker lang uiltjie geknip terwyl ek in die golwe dryf, tot ‘n groot golf my laat wakker skrik en my op die strand uitspoel.

Ons pampoene is gekerf en die sweets le by die voordeur. Almal vang ‘n middag slapie om energie te spaar vir al die opwinding vanaand.

IMG_0843

Ek wonder wat jou eerste kostuum keuse sal wees?:)

Lief vir jou

mamma

14 November 2013                35 weke

My baba-kind. Jy beweeg een stryk deur, oggend, middag en aand. Jy rol en dit voel anders as met CQ. Jou sussie was meer aan die dans en jy is meer ‘fluid’ voel dit vir my. 20131113_153802

Ek raak al weer lekker emosioneel en vol draad werk. Maar dis okay, ‘n goeie huil en dan voel ek weer beter. Gelukkig weet jou pa net hoe om my vas te hou op die regte tyd.

Jou klere is gewas, jou bed staan reg. Die “birth-pool” pas in die kamer en hopelik gaan CQ nie wil rond splash as jy wil kom nie. Ek en sy sal maar ‘n gesprek moet he voor dan. Ek het tot die matte vandag gesteam-clean.

Ek geniet jou nabyheid baie. Ek voel ‘n hegte verbintenis met jou. Jy is so ‘n katalisator en ons hele lewe is aan die hervorm en verander in omtrent elke manier denkbaar. Jou pa is besig om ‘n nuwe besigheid te kraam en dis opwindend en scary. Ons werk aan ons planne vir SA en jy is een van die dae hier. Ons is baie dankbaar vir al die seeninge en ondersteuning waardeur ons omring word, dis merkwaardig. Ek is so verlief op die tyd en spasie, waar my maag groei en als stadiger begin beweeg. Ek is opgewonde om jou te sien in lewende lywe, maar ter selfder tyd is jy nou so naby aan my hart en dis lekker en veilig, so hang uit tot jy reg is vir die wereld.

Ons hou die naweek ons Friends-Giving, en jou Grampa Jim en Grammy Sherry kom ook kuier. So dit sal ‘n besige lekker naweek wees.

Lief vir jou

Mamma

29 November 2013                 38 weke

20131113_154813

My liefling kind wat hier binne my rond skuif en uit strek. Ek voel hoe groei jy en hoe beweeg ek al hoe stadiger. Ek het sommer nou ook verkoue gekry met herfs wat uiteindelik hier is. Ek en Charlotte loop lekker vol snot rond.

Gister was “Thanks Giving”. My gunsteling Amerikaanse vakansie dag. Ek hou van hoe ongekompliseerd dit is en hoe almal skielik van als onthou waarvoor hulle dankbaar is. Dis ‘n rustige stil dag waar familie en vriende saam rus en net bymekaar-wees vier.

Andrea en Jozi was hier vir ons huis besoek aan die begin van die week, om seker te maak hulle weet waar als is en ons als het vir jou koms. Jou pa se oe het baie groot geword toe Andrea hom deur die stappe vat as jy te vinnig kom en sy nog nie hier is nie.  Dit was so nice om hulle hier te he en ons het sommer vir 3 ure tee gedrink en gekuier.

Ek is ontspanne, al was ek gister baie ongemaklik, ek dink ons is nou aan die oefen vir die werk wat voorle en my uterus was baie besig en my klere baie ongemaklik. Ek het ‘n lekker slaai gemaak en verder was ek die dag af gegee, so ons kon sommer net op die bank sit en almal se stories luister. Ons was almal ook verlig om weer by die huis te kom en saam bietjie op ons bank te cuddle.

Ek is maar baie emosioneel en voel jou Ouma en Tannie Es en Kim se verte. Ek moes maar vanaand jou pa se aandag kry om seker te maak hy gaan nie uit nie. Ek wil nie alleen wees nie. Jou sussie is dierbaar en die sweetste kind op die oomblik. So vol lag en liefde. Ek dink sy is baie opgewonde oor jou koms en voel dat mamma bietjie ekstra liefde nodig het. Of miskien wil sy net seker maak Santa bring vir haar al haar persente:)

Ons kyk Einsteins, Mickey Mouse se Clubhouse en Dc McStuffins. Ons maak sout klei ornamente en gesels op skype en het lekker genap.  Die dae rol verby en elke oggend wonder ek wat ons vandag gaan doen. Ek en Charlotte het lekker gaan stap in die reen vanoggend en toe kom in settle by die huis.

My droom wereld en werklikheid is maar lekker deurmekaar en dit maak my bewus dat ek nou regtig tussen twee werelde is. Ek sien uit om jou te ontmoet en die nuwe ritme in die huis te beleef. Vir nou probeer ek om te vra vir wat ek nodig het en nie so vol nonsens te wees nie.

Ons lewens is al weer aan die verander en ek is maar emosioneel oor als wat gaan verander. Ons leef in die oomblik en hoop om dit te kan waardeer vir wat dit is en nie te ver in die toekoms in te stress nie.

Lief vir jou my maan-water-kind

mamma

11 Desember 2013         39/40 weke

IMG_8739

Baba-Sissie, jy sit nou al lekker groot en seker bekromp. Mamma se heupe en lyf is bietjie moeg gedra en ek slaap ook swaar. So kom ons se ek dink dis nou tyd vir jou om in ons arms te kom le.

Dit was ‘n baie merkwaardige week my engel. Ons Oupa Madiba, Suid Afrika se groot held en vader van die Nuwe Suid Afrika is oorlede, rustig en in vrede, maar hartseer, geskok dat die dag tog aangebreek het. Dis ‘n wereldwydse treursang en hulde wat gebring word. Ek mis Suid Afrika en veral wanneer hierdie oomblikke gebeur raak my hart swaar van verlange.Ready to party... former South African President Nelson Mandela.

Jou Ouma vlieg oor die waters en land vanaand in LA, jou Pappa het haar gaan haal, ek en Charlotte is rustig by die huis.

Ons het ‘n beautiful Blessing way gehou. IMG_8556Marie het dit so mooi gelei en almal het die niceste woorde en gedigte en gebede gese vir ons en vir jou. Ons het ‘n baie spesiale gemeenskap en ek sien uit om jou aan almal voor te stel. IMG_8578

En ek en pappa het ons belly gegips en nou kan ek en Ouma lekker daarmee speel as daar tyd is. Ons het so lekker oggend saam gehad en rustig oor jou en Charlotte kon gesels en besef hoe geseend en spesiaal ons familie is. Charlotte was saam met Grandma Terrie Seaworld toe.

Ons het mooi fotos geneem saam met Melanie ons buurvrou en is so bly ons het die tyd so nice vasgevang.

IMG_8761

IMG_8788

IMG_8791

Ek weet nie wat anders ek nog kan doen voor jy kom nie, so ons staan reg en bly vir jou hierwees.

Ons sien so uit om jou te ken.

Lief vir jou.

IMG_8710

9 Januarie 2014

Lara, my maan-gesiggie, my mosbolletjie. SO, na weke se antisipasie en wonder maak jy jou pad uit die 30ste Desember 2013, deur die water in ons cozy kamer in Carlsbad. Wat ‘n ongelooflike verrrykende reis en ervaring saam met jou. Jy is pragtig en my hart is vol en my oe kan nie genoeg kry nie.

Jy is so rustig en vreedsaam. Ek verkyk my aan jou. Jou sussie is net so opgewonde oor jou en kan nie genoeg soene en drukkies uitdeel nie. Net jou pers mond sit haar bietjie af, toemaar dis net vir ‘n paar dae om seker te maak die uitslag op jou tong sprei nie.

Ek sit nou vir 10 dae heerlik by die huis saam met jou, en ons maak asof die res van die wereld ook tot stilstand gekom het, maar dit gaan maar steeds aan hier om ons. Jou amazing Ouma Salome is hier en kyk so mooi na ons en Charlotte en ons huis. Ek sit met ‘n mondvol dankies en in ‘n staat van dankbaarheid wat my oorweldig, want ons is ongelooflik geseend en ryk aan liefde en ondersteuning en mense hou aan om my te verstom. Tussen die bure en gemeenskap, jou Ouma, Grandma en maatjies is ons so versorg. Ek vat hierdie tyd, hierdie twee weke saam met jou met albei hande vas en dink nie vreeslik verder as dit nie. Ek weet ons gaan almal weer moet aanpas, maar sjoe om hierdie twee weke net in jou oë te kan staar en slaap en my lyf kans te gee om weer sy ekwilibrium te vind is so ‘n geskenk.

Ek wil begin skryf oor jou geboorte en die ervaring van jou koms. Woorde sukkel om sinne te maak sodat die storie kan sin maak. Dit was als so fisies en sensueel en oers, dat ek nie weet of ek die intiemieteit daarvan kan deel sonder om te bloos nie. Dit was seker die naaste wat ek aan ‘n orgasmiese geboorte sal kom. Dit was werklik onverstoord en elke fase en oomblik was intens en duidelik, ek was in ‘n ander wereld saam met jou en jou pa. Jou sissie het geslaap deur die hele ding, en sonder om vir ‘n oomblik te aarsel het sy jou die volgende oggend kom groet met soveel liefde en genot.

Jy is uniek my engel. Nes jou sussie, is jou storie jou eie en ek is geeerd om die witness te wees.  Ek staan elke keer verstom as ‘n prentjie in my kop die werklikheid match. Ek dink ek begin leer hoe om te hoor en te luister. Jy en jou sussie bring na vore van my sterkste instinkte en dis oorweldigend en ek kan nie weg kyk nie. Dankie vir die connect en herinner. Dankie vir jou duidelikheid en optimisme en stilheid. Ek sien so uit na al die dae wat ons vier gaan saam hê. Al die reise en oomblikke van mekaar ken.

My water het om en by 4:22pm die 29ste Desember 2013 gebreek, terwyl ek en Ouma, “the business of being born” kyk. Minute na my water gebreek het, text ek vir Jen ‘n happy birthday, ek hoop sy sal jou feetjie peetma wees, sy is so amazing en deel van my lewe. En die konneksie met haar en jou is intuitief. Anyway Eli sê hy het 4:22pm die tyd waar geneem, gestop waarmee hy besig was en my naam oor en oor gese, geweet iets is nou in motion. En sowaar daar kom my text minute later deur, wat ook nota maak dat my water gebreek het.

Ek is opgewonde en verlig en rustig met die wete dat jy nou uiteindelik oppad is. Ek bel vir Ryan en toe vir Andrea en altwee is opgecharge want daar is ‘n groot football game aan die gang, en die Chargers is vir die eerste keer in jare besig om te wen. Sover ek weet het ons water gebreek soos hulle gescore het, beide in overtime. Nou ja, groot opgewondenheid.

Teen 6 uur in die middag is Andrea by ons deur en luister ons hoe mooi klop jou hartjie. Sy gee vir my die antibiotika shot terwyl jou pa die bad opblaas en ons kamer reg kry vir jou koms. Ek kan voel hoe my lyf homself begin regkry, maar dis alls nog hanteerbaar en net redelike intense krampe, soos period kramps. Andrea en Debra gaan eet en Ouma maak heerlike Groen Thai Curry, Aunty Ange kom drink saam wyn en hang uit saam met haar. Ek sit vir Charlotte teen 8 uur in die bed en fluister in haar oor dat sy haar baba-sissie uiteindelik sal ontmoet wannneer sy wakker word.

Met Charlotte in die bed is dit asof jy die “go-ahead” kry. Ek eet so tussen kontraksies deur my thai curry en verdwyn om die hoek om asem te kry deur die intensiteit deur. Almal sit en kuier om die tv en ek verskoon myself, met die gevoel dat ek nou alleen wil wees en reg is om jou te ontmoet. Let’s get this show on the road…

Ek is lus vir Tracy Chapman, dit moes my nie verras het nie, sy is so die soundtrack van beduidende tye in my lewe, en vir weke nou luister ons na haar. Ek en jou pa dans bietjie, lag bietjie, vry bietjie. Ek buig oor met my oë toe en voel hoe my heupe heen en weer waai om met die pyn en intensiteit te cope. Diep asem dan rus ek. Vinnig slaan dit oor, waar ek nie regtig kan le of sit nie dan is die volgende kontraksie daar. Ek wil eers nie hande op my hê nie en die dans met jou voel baie eksoties behalwe vir die groot handdoek tussen my bene om die water te vang. Is eintlik nogal inhiberend as jou water breek voor kraam begin. Ange bring groot genoeg ‘pads’, ek sit een in en is gemakliker.

Teen 9 uur se kant daag Debra en Andrea op en check op ons, en jy klink amazing en happy.  Almal wil weet of ek al in die water wil klim, maar ek wil eers regtig op dreef wees met jou, sodat die water nie ons vordering verhoed nie. Ek moet begin klank gebruik om te help cope en my heupe voel op ‘n missie van hulle eie. Pappa geniet die “show” en sê dis baie sexy:)

Uiteindelik voel ek water is nou ons enigste opsie om verder te cope, so om en by 10:30 klim ons in die bad, AMAZING! Agh dit was heerlik. My lyf en wese ontspan. En met elke kontraksie beweeg my lyf op ‘n unieke manier, en al wat ek kan doen is; om te laat gaan. Dit voel ongelooflik en aardig en seer en intens en in my vibreer net een woord: “WOW!” Nie lank daarna nie, voel ek skielik naar en kan ek nie gou genoeg by die toilet kom om op te gooi nie, Debra sê sy het nog nooit iemand so vinnig sien beweeg gedurende “transition” nie. Maar dis nou een ding wat ek privaat voor wil wees en dis opgooi, agh dis aaklig. Elk geval, ek borsel my tande en is onmiddelik weer in die zone en aan die werk.

Ek is onbewus van alles om my en onwillig om my oë oop te maak, want die wereld in my lyf waarin ons ons bevind, met jou aan die stuurwiel,  is ‘n rit waarvan ek niks wil mis nie. Ek word moeg en staan verstom aan die hoeveelheid werk wat dit vereis. Ek hoor hoe vloek ek met tye en dan weer hoe ek wil lag van lekker kry. Jou pa se stem in my oor wanneer ons saam ‘n mantra doen om deur ‘n kontraksie te werk, laat my wese smile. En Andrea praat woorde in my oor wat die klanke en bewegings van hierdie reis laat sin maak en gee dit ‘n beeld. Ek wil he jy moet uit en terselftertyd wil ek ook nie. Dit is die storie van my lewe, “wanting the change and the new, yet struggling to let go of what is” [Ek wil dit als he:)] Oh well, ek dink jy leer my en ons geboorte was die eerste keer wat ek heeltemal aan die oomblik oorgegee het, met my kop, my hart, my lyf en my wese. En deur die “let go” begin ek nou werklik connect met iets uniek en waar binne in my.

In oomblikke hoor ek my ma se stem en dan weer Andrea sin en dan Ryan. Debra se hande as ‘n alternatief elke nou en dan bring ongelooflike verligting. Uiteindelik is dit so intens ek wil nie meer nie. Hulle sê ek het vir omtrent ‘n halfuur gerus, ek kan dit nie onthou nie en moes diep geslaap het want ek onthou die skielike intensieteit en my lyf wat vanself begin druk het, wat die kontraksies makliker maak. Andrea wil weet of sy my moet check. Ek se sure, maar dink; “whatever, I’m pushing this baby out right now”. Sy check en ek is ontsluit en jy is aan die kom, sy gee vir my ys om die ergste brand te help. Ek is opgewonde en gefrustreerd, want ‘n deel van my wil dit nou net oor en verby kry en wens dat dit makliker moet wees.

Ek volg jou en my lyf doen sy ding en daars jou kop in my hande, WOW! my asem slaan weg en my hart sing. Maar jou lyfie is net so moeilik om deur te kom en ek voel hoe ek net weer gefrustreerd wil raak, maar toe voel ek die verligting spoel deur my lyf. The magic moment! Agh my engel en toe is jy in my arms en jou oë is oop en dis amazing en lekker en als is perfek en die wereld was nog nooit ‘n beter plek nie. Ek moet so tussen deur nog geboorte skenk aan die placenta ook. Dis amper meer intens as met jou, maar met jou in my arms en al die magic wat my aandag af lei, kom ek dit skaars agter. Die water word rooi en sodra ons die koord gesny het, klim ons uit en gaan lê op die bed, ons bed!

Ons het dit gedoen en nou kan ons lekker snuggle in ons bed, en kan jou sussie jou hier in ons kamer kom ontmoet en is daar nie ‘n gerondskuifery nie. Jy is so rustig en so ‘n mosbolletjie! Ek is opgewonde en bly en moeg. Dit was harde werk, moeiliker as wat ek onthou en so bevredigend. Met tye was dit eintlik orgasmies en sommer lekker van die seer.

Lara Quinta Huffman

Desember, 30, 2013

2:18am

9lbs 8oz, 21″ lank, 18″bors

Advertisements

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s