Monthly Archives: April 2011

2 WEKE LATER!

Charlotte Quinta is 4 April 2011, 5:31 in die oggend gebore.
Een van die mees ongelooflike belewenisse tot hede. Een van die mees ingewikkelde en komplekse ervaringe wat op die ou einde die meeste die moeite werd is en my dit net weer wil laat doen. Ek staan verstom en dis al twee weke later. Charlotte le en droom hier langs my waar die oggend lig saggies op haar wang val en ek vang myself waar ek weer sit en staar. Dis asof ek haar kan sien groei en verander soos die sekondes verby tik.
Die geboorte storie is een wat ek hoop ek vir ewig sal onthou. Elke oomblik was intens en beautiful! Dankie tog vir Ryan en my ma Salome!Ons het Sondag die 27ste Maart gedink die dag het aangebreek en het sommer ver op die strand gaan stap en begin skaak speel en toe ‘n lekker movie gekyk, maar toe gaan slaap ek en sien nog ‘n week verby gaan. Ek moet net keer vir die induksie span wat wil in spring en haar wil uitforseer.
Toe ek Sondag die 3de April twee uur in die oggend wakker skrik en die kramp in my rug voel en daar ‘n bloederige afskeiding is, besef ek hoe silly ek ‘n week terug was. Niks kon my voor berei vir die ware kraam gevoel nie. Ek kon darem so tussen die kontraksies deur dut, maar ek was op en aan die gang die oomblik as hulle saam trek. Die dag begin met die opgewondenheid dat ons nou amper vir Noe-Noe kind gaan ontmoet. Ryan time die kontraksies en vra net heeltyd: “are they longer and stronger yet?” En ek smile net. Later soos ons sit en kaart speel en ‘n heerlike lunch eet onder ons groen strilitsia, werk ek ‘n hand syn uit om aan te dui wanneer ‘n kontraksie begin gebeur. Ek probeer rustig wees, maar beweging voel beter en ek en Ryan maak ons tent skoon wat nog vol sand is na ons laaste kampasie op die strand. Ek en Ouma Salome bak beskuit en nou begin die kontraksies nader aan mekaar gebeur en ek het bietjie meer ondersteuning nodig. So ek eindig of onderstebo op op my groot blou oefening bal of ek gryp vir Ryan vas en ons dans rond, laggend, en anders huil ek want eks so bly dis aan die gebeur en eks so verlig hy is daar saam met my. Die emosies begin so stadig maar seker meer en meer uitdrukking vind, met my aandag wat afgelei word deur die pyn in my lae rug. Ek beleef erge rug-kraam.
Die musiek speel en ek het skielik die behoefte om te verf en ruk my verf goed uit, vir ‘n oomblik staan ek na die wit van die canvas en staar voor ek die kwas in my linkerhand vasvat en sien hoe ‘n koddige kameelperd te voorskyn kom. My ma sit en skryf op haar komputer langs my en die kyk op haar gesig laat my braaf glimlag. En ek dink dis waar deur sy was om my in die lewe te bring, en hier staan ek nou 30 jaar later. Ek is so dankbaar vir die twee weke wat ek en sy kon deel voor Charlotte se koms. So veilig en eerlik voel ek by my ma.
Ons bel vir Sarah, my doula toe die kontraksies so 6min uitmekaar is en sy kom sit rustig op die bank en bekyk ons spul. Haar teenwoordigheid is rustig en solied. Ek raak toe skielik baie senuweeagtig vir die kar rit hospitaal toe, die kontraksies voel nou baie naby aan mekaar en dis tranerig seer.
Toe my ma weer vra moet ons nie dalk dink aan hospitaal toe gaan nie, stem ek vinnig in. Met kontraksies so 3min uitmekaar uit klim ons in die kar, ons laai nog oppad die rent check af en die pad voel lank en ver en al wat ek kan doen is asem haal. Weer besef ek die waarde van reg asem haal. Verlig arriveer ons by die hospitaal en dis asof engele so saam met ons ry, want daar is een parkeerplek oop voor die hospitaal soos ons aankom. ‘n Nice verpleegster lei ons van die emergency na die kraam eenheid. Daar staan ons in die gang rond en my ma pronk haarself langer om die aandag van die inboek staff te kry. Ek het ‘n kontraksie sommer so oor die een ou se lessenaar, en ons lag nou hardop oor sy gesig en kalmte met my wat in sy gesig blaas en kraam.
Die midwive bekyk my uiteindelik en ek is maar net 4,5cm dilated. Gelukkig kan ek voel dinge is aan die gebeur en voel dus nie so teleurgesteld soos my ma nie. Maar daar is ‘n ‘transition’ aan die gebeur en skielik is ek baie naar en gooi ek op voor almal tot my absolute horrifikasie!!! DIt was die ergste oomblik en ek wens ek kon my kop in die sand druk soos ‘n skaam volstruis.
Uiteindelik na eers nog ‘n foto sessie saam met skoon ouers is ek en Ryan en Sarah alleen in ons kamer. Gelukkig het my ma die wysheid om saam met Terrie en Gerry huis toe te gaan om my die privaatheid en vryheid te gee om te kraam met “abandon”.
Daar is twee cute verpleegsters wat help om vir baba te monitor en my bloeddruk te check. Ek stort sodra ek kans kry en die lafenis van die water is onbeskyrflik. Tussendeur gryp ek vir Ryan of Sarah om diep in my lae rug in te masseer, met die ander se oe om te help fokus en my te help om teenwoordig te bly.
Hulle werk hard deur die hele aand saam met my. Ek stort omtrent tien keer voel dit vir my en le op die oefening bal terwyl hulle my probeer monitor. Dit voel soos op ‘n ander planeet en ek weet niks behalwe dat die pyn van elke kontraksie onbeskryflik is en ek net op een op ‘n slag kan fokus, met geen konsep van tyd of plek nie.
Sarah se oe en rustigheid laat my fokus en onthou hoe baie vroue al geboorte gegee het, dat dit die natuurlikse proses in die wereld se bestaan is. Dat op die oomblik wat ek kraam daar miljoene ander vroue in moeiliker omstandighede geboorte gee aan gesonde babas.
Ons is gemaak om lewe te skep en die voorreg om dit so intens te beleef slaan nog steeds my asem weg!
Uiteindelik so teen drie dertig die oggend van die 4de, vra ek of ons ooit weer die midwive gaan sien? UIteindelik kom check sy my en tot ons verligting is ek 10 cm. My water breek en die werklikheid reen oor my. Hierdie kind is nou werklik oppad. Ek was die laaste paar uur so verdoof deur die natuurlike endorphins wat die liggaam afgee dat ek voel of ek op dwelms is. Die proses is so natuurlik en soos ek my liggaam vertrou om te weet hoe en waar en wanneer, maak dit seker ek kan elke oomblik hanteer. Die seer en die intensieteit is daar maar dis alles met goeie rede. Dis ‘n kreatiewe proses en ek eer dit vandag meer as ooit.
UIteindelik moet ek begin druk en saam met baba werk om deur die geboorte kanaal te beweeg. Dis uiteindelik ‘n oomblik wat ek kan skree en ontlaai en ek doen dit ook. Miskien skree ek meer omdat ons hoor hoe vroue kan te kere gaan as hulle moet druk, maar dit voel lekker om sommer so te kan skree. DIt voel als onwerklik en asof dit een groot leun en bedriegery was. Ek voel asof ek geen clue het nie, en die verpleegsters coach my deur die proses en ek maak seker dat Ryan se oe bo bly. Uiteindelik is haar koppie deur en toe is sy op my maag en kan ek amper nie my arms voel nie, die midwive se ‘vat jou baba’, en ek skrik wakker uit my droom uit en daar is sy, Charlotte Quinta! Ek hou haar teen my, en sy roep uit en haar stem is amazing en sy kruip teen my maag en bors op tot onder my ken. Op haar tyd kry sy die bors waar sy haar eerste sluk melk drink. Ek is verstom en kan my oe en ore en wese nie glo nie. Dis regtig ‘n wonderwerk en ek dank my sterre vir die krag en die lyf en die ondersteuning en die moed van my oortuiging dat Charlotte ‘n natuurlike geboorte kon he, dat ons pad op die manier kruis en ons lewe nou begin. Sy was twee weke later as wat almal verwag het, en tog het ons nie vir ‘n oomblik getwyfel dat sy op die regte tyd sal kom nie. Sonars het gewys sy is heel gelukkig so daar was geen rede om haar aan te jaag nie. Al was die dokters en midwives baie orig om haar te induce, het ek gekeer. DIe wete was te sterk. Ek is dankbaar vir die geleentheid om ‘n baie rustige swangerskap te kon beleef, waar ek baie ondersteuning en liefde ervaar het, so my bloed druk was altyd goed. Genoeg water en genoeg slaap en beweging, yoga en stap en swem is wat ek glo my liggaam gehelp het om die proses van geboorte gee te aanvaar en te vertrou.
Charlotte groei teen ‘n spoed en my melk vloei so dat ek voel of ek ‘n nasie kan voed.
Ek kan my geluk nie glo nie.
DIs oorweldigend en verstommend en ek weet nie aldag hoe nie, maar dan raak my kop stil en die wete, die intinktiewe wete leef deur my. En dis wat ek vertrou.

Advertisements

2 Comments

Filed under Uncategorized

41 en 42 WEKE

O jene Noe-noe kind mense raak nou ongeduldig. Wanneer kom jy??
Ek dra swaar aan jou en sien uit om jou gesiggie en lewende lywe te sien en te beleef. Ek het nou lekker tuin en huis gemaak en sommer drie boeke in ‘n week gelees. Ek en jou Ouma Lomie maak kos,

ons stap op die strand en is sommer rustig in ons saam wees en wag vir jou.
Jou pa het al die baba bier gebrou en ek kan nie wag om dit te proe nie.
Die boodskappe stroom in en die ongeduld groei want jy is ‘n nuweling en wese wat almal verskriklik opgewonde het. Jy is nou twaalf dae laat en ek sukkel om almal om my rustig en in toom te hou. Maar ek blameer jou glad nie vir op jou eie tyd uitkom nie. Ek dink ek sou die selle gedoen het as dit so bestem was, maar my pad was anders en ek moes op ander se tyd uitkom, ek wil jou die kans gee om so op jou eie manier die pad te vind, maar weet eks hier om jou te vang en sal elke oomblik daar wees vir jou. Jou pa gaan uit sy vel uitspring en kan nie wag om jou te ontmoet nie. So net sodat jy weet daar is ‘n groot hoeveelheid liefde wat jou die kant in wag. Geniet die laaste paar ure van cozy wees hier binne…

1 Comment

Filed under Uncategorized